Reeler Family Tree - Selected Families and Individuals

Notes


Petrus Hendrik Ferreira

Elandsfontein het in 1829 aan Petrus Hendrik Ferreira behoort. Tydens sy besoek aan Elandsfontein het M.A. Smuts die volgende in sy reisjoernaal aangeteken: `...die plaas aan die einde van de Lange Kloof. Armoedig voorkomen zoewel van huis als huisraad. Die meeste huizen zijn hier wit leem met mest doormengd van buiten gepleisterd, de vloeren ook met mest betreeken, de wanden van binne zijn gewoonlijk gewit. In Julie 1832 het Lt. Frederick Knyvett 'n reis van Port Elizabeth na Kaapstad onderneem. Onderweg het hy Elandsfontein besoek. `Piet in bed but got up. Very civil, eat excellent bread and butter and milk. Here as is generally the case they had no change, so I was obliged to overpay them, besides that the Boers overrate the distance to get more money. Piet charged for 6 hours to Jacobus Rademeyer's - got an excellent Pompey horse and an intelligent little slave on a mare.' Op die werf was daar onder meer ook nog 'n kraal, 'n koornhuis en twee strooihuise waarin die bediendes gewoon het, onder andere die Hottentotvroue Rachel en Mina en die slavin Manissa. Volgens Lichtenstein was die vernaamste produkte van Langkloof in daardie jare rosyne, botter, seep en huide, terwyl `runderteelt' die hoofmiddel van bestaan was. Maar reisigers het ook schoone zuure Limoenboomen en zogenaamde narretjes aangetref volgens W.B.E. Paravincini di Capelli - Reize in die binnenlanden van Zuid-Afrika gedaan in den jaare 1803. Verwysing na die aanwesigheid van Rhenoster Bosjes op Elandsfontein teen 1812 weerspreek die bewering dat die saad van die bossies saam met die perdevoer van die Britse magte tydens die Anglo Boereoorlog na Suid-Afrika gekom en tot die vervuiling daarvan in die Langkloof aanleiding gegee het. Elandsfontein is tans beter bekend as The Heights


Izaak Meyer

Citizen of Graaff-Reinet and Swellendam


Pieter Daniel de Villiers

Boer en veldkornet; besit die plase Le Dauphine, Franschhoek (1811.08.16 gekoop van DJ Jacobs) en Palmietsvallei, 'n leningsplaas by Riviersonderend; 1811.12.09 aangestel as veldkornet vir Franschhoek en op 1818.10.01 vra ontslag weens swak gesondheid; 1827 verloor hy sewe slawe wat gedros het


Jacobus Petrus Kriel

Burger van Stellenbosch