Reeler Family Tree - Selected Families and Individuals

Notes


Thomas Ignatius Ferreira

Burger Swellendam, hy het aanvanklik in die omgewing van Mosselbaai en later net ten ooste van Langkloof geboer voordat hy op 17 April 1776 Papenkuilsfontein by Algoabaai op sy naam gekry het en sodoende een van die eerste Afrikanerpioniers in die omgewing geword het. Hier het hy ook die plase Claeskraal en Welgelegen besit. Sy naaste bure was Theunis Botha van die plaas Buffelsfontein - later Kraggakamma, Stephanus Scheepers op Kruisrivier en Johannes Wilhelmus van Staden op Coega. In 1782 was hy lid van die ekspedisie wat na oorlewendes van die gestrande Grosvernor gaan soek het. Op sy plaas het die Britse garnisoen in 1799 Star Fort, die eerste amptelike verdedingstruktuur aan die Oos-Grens opgerig. Hy is as bevelvoerder van Fort Frederick aangewys in September 1802 toe die Kolonie in die hande van die Bataafse Republiek oorgegaan het. Tydens 'n besoek van goewerneur J.W. Janssens aan Algoabaai in 1803 is Thomas daarvan aangekla dat hy wreed teenoor nie-blankes opgetree het en gedeeltelik vir die onrus aan die Oosgrens verantwoordelik was. Terwille van rus en orde is hy en sekere van sy familielede, onder andere sy dogter, die later befaamde Kwaade Martha Ferreira van die Swarte Omegang uit Algoabaai verban, hy wou eers weer op Jagersbosch gaan woon, maar dit is hom geweier omdat hy dan steeds met die swarte en Hottentotte in aanraking sou wees. Sy oudste seun Ignatius Petrus het in 1803 daar gaan woon. Hy het Ruiterbosch gevestig, nie te ver van Hartebeestkuil sy geboorteplaas. Hy het o.a. in 1774 'tJagers Bosch, geleë aan die Kromrivier agter die Attaquaskloof besit. Die plaas was reeds in 1741 in besit van Dirk Marx sy latere skoonvader. Jagersbosch was 'n gewilde uitspanplek onder die reisigers. Hy het hom hoofsaaklik op veeboerdery toegelê en indie opgaafrol van 1798 besit hy 1 knegt, 1 slavinen, 2 slaaven jongetjies, 3 slaaven meisjes, 11 hottentotten, 12 hottentottinnen, 21 paarden, 946 schaapen, 315 runderen, 18 mute koorn, twee leenings plaatsen, in 1802 het hy 2 zoons, 2 dogters, 267 rundvee (beeste), 878 schaapen, 2 leenplatzen en in 1805 besit hy 38 osse, 8 beeste, 2 ryperde, 2 waens, 8 hottentot, 3 slawe en 154 skape. Papenkuilsfontein is in 1812 na Cradock Place herdoop


Petrus Hendrik Ferreira

Burger Swellendam, verkry de Schooneberg aan de bracke rivier in de Lange Cloof op 9 Maart 1762; verhuis 1771 van Schooneberg na Misgund, plaas van Andries Basson wat op 11 Januarie 1771 aan Petrus Hendrik op ordonnansie vergun is, nadat Basson sterf en sy boedel insolvent is; speel vername rol in burger en militêre aangeleenthede, aanvoerder van kommando wat bantoes oor die Visrivier terugdryf, tydens 2e Xhosa-oorlog 1793 luitenant van Swellendamse dragonders en heemraad in bevel van kommando; kranige skut en een van dapperste olifantjagters; praat die Hottentottaal vloeiend; 1762 Opgaafrol - 4 perde, 20 beeste, 200 skape, 1 snaphaan, 1 degen, 1 pistool; hy en Andries du Preez wat met Hester, Petrus Hendrik se suster, getroud was, het in 1755 olifante tussen die Sondags- en Boesmansrivier gejag. Daar het hulle van 'n Khoi-groep verneem van die oorlewendes van die Doddington, wat op 17 Julie 1755 aan die oostekant van Algoabaai gestrand het


Georg Frederik Rautenbach

Van Tremnitz in Sakse (Saxony), aankoms 1757, soldaat, burger 1761, woon op Melkhoutessenbosch, aan die Gouritzrivier, Swellendam, sy testament is in 1800 by die weesheer ingehandig


Martha Margaretha Ferreira

In 1762 opgaafrol is sy weduwee en besit 9 perde, 5 rundvee en 250 skape. Net daarna het sy met Rautenbach getrou


Isaias Meyer

Burger Swellendam, boer Soutrivier aan Gouritzrivier


Jan Loots

matroos H.O.I.K


Michiel Heyns

Suicide


Hendrik de Bruyn

Burger Swellendam; hy het tot ongeveer 1745 in Drakenstein gewoon. Daarna het hy waarskynlik saam met sy broer, Nicolaas na die omgewing van die teenswoordige Riversdal getrek. Hy en Nicolaas was twee van die persone wat in 1758 'n versoekbrief aan Ryk Tulbagh oor die oprigting van 'n kerk op Swellemdan gerig het. Weireg is van 17600101 tot 17781101 op Elandsdrif op die Duiwenhoksrivier naby die teenswoordige Heidelberg, Kaap aan hom toegeken


Hester Ferreira

Kranige boervrou