Reeler Family Tree - Selected Families and Individuals

Notes


Ignacio Ferreira

Een van die bemanningslede van die Engelse Oos-Indiese Kompanjieskip Chandos wat van Bengale op pad na Lissabon was en wat deur hewige storms tussen 16 en 17 Junie 1722 op die Tafelbaaise strand gedryf is. Van die 70 bemanningslede het net twee verdrink. Hy het hier gebly en as soldaat in diens van die H.O.I.K. getree. Burger 1737, Rooms Katoliek wat 'n Protestant geword het. Later het hy die leenplaas ``De Hartebeest Kuyl'' oor die Gouritsrivier en in 1748 versoek hy om dit in eiendom te kry: Prof. O.J.O. Ferreira publiseer die artikel `Ignacio Ferreira (1695 -- 1772), Portugese stamvader van 'n Afrikanerfamilie' in Historia 38(2), November 1993. Volgens Charles A. Hardy `A Register of Ships in the Service of the English East India Company, 1800' - Chandos English East-Indiaman of 440 tons. Wrecked close to the Castle in Table Bay, next to the Amy, on 16th June 1722 during a north-west gale while on a homeward- bound voyage from Bengal. Of her crew of 70, two were drowned. She lies buried beneath reclaimed land. In opgaafrol J316 1752 het Ignatius Ferreira en Martha Terblans - 9 seuns, 3 dogters, 8 perde, 50 rundvee, 900 schapen, 1 snaphaan, 1 degens?, geen slawe, wynstokke of gesaaides; in opgaafrol J317 1762 vir Swellendam het hy 3 seuns 1 dogter, 6 perde, 80 rundvee en 600 skape, 1 snaphaan, 1 degen


Antonie Michiel Muller

Van Merscheid of Meerkerk, Kuilsland (Keulen), Duitsland; aankoms 1735 met die Hildegonda, soldaat, later boukneg, burger 1745, 1745 word die plaas Zeekoegat, distrik Riversdal aan hom toegeken; 1759 luitenant van die burgermag, 1760 heemraad


Dirk Marx

Van Holzweiler in Gulik, soldaat 1725- 31, later landbouer en jagter onder Mosselbaai (1755)
Nie in eg verbind


Marthinus Van Staden

Burger Drakenstein


Jacobus Botha

Burger Drakenstein


Willem Meyer

Van Essen in Luneburg; 1717 aankoms as soldaat; 1818 - 1823 leerlooier


Barend Pietersz Blom

Van Wegeringhausen(ook bekend as Germinghausen), aankoms 1688, boer op ``Groenkloof'' in die Wamakersvallei(nou Wellington)