Reeler Family Tree - Selected Families and Individuals

Notes


Pierre Joubert

Van La Motte d'Aigues, in Provence, Frankryk; 1688 aankoms op die skip `Berg China' wat Rotterdam op 1688.03.20 verlaat en op 1688.08.04 Tafelbaai bereik, met sy vrou; 1694 is die plaas `La Provence' naby Franschhoek aan hom toegeken. Hy het verskeie plase in Drakenstein besit, o. a. Lamotte (vernoem na sy geboorteplek) en Provence (vernoem na die provinsie vanwaar hy kom). Hy besit ook een van die eerste plase in die Tulbagh-kom nl. De Plaisa [2071] × 1689 waarskynlik aan boord van die skip ``Berg China''


Isabeau Richard

1688 aankoms op die skip Berg China saam met haar man Pierre Joubert. Haar naam en dié van haar eggenoot, Pierre Malan, verskyn op die skeepslys van die Berg China, opgestel 1687.12.23; die waarskynlikheid is dus dat Susanne Reyne en Pierre Malan oorlede is voordat die Berg China in Tafelbaai aangekom het


Johann Dirk Heydemann

Van Kammin of Kaan, aankoms 1733, smid 1734-36, burger 1737


Theunis de Bruyn

Oorlede na sy vrou en sy boedelinventaris is op 30.3.1730 opgestel 30.03.1733 : van Vredenburg, in op 31.12.1693 en 27.11.1694 'n soldaat in die Kaap in diens van die Kompanjie. Vir 1692 het hy 45,35 gulden oorbetaal en 54 gulden vir 1693. Dit dui moontlik daarop dat hy teen die einde van Februarie 1692 in Amsterdam in diens van die Kompanjie getree het, en moontlik in die winter van 1692 in die Kaap aangekom het. Daar word ook vermeld dat hy van Vredenburg afkomstig was. Hoewel daar nie 'n dorp of stad met hierdie naam in Nederland is nie, is Vredenburg moontlik die naam van diverse landhuise en kloosters in die voormalige baronie van Breda. Volgens Redelinghuys sou die familie afstam van Floris de Bruen gebore in Brabant en oorlede te Gorinchem, Nederland 16390417. In 1712 het hy onder andere 25 beeste, 200 skape en 3000 wingerdstokke besit. Hy het Vredenburg aan sy swaer Hans Jacob Conterman verkoop op 19.4.1715. Met die opstel van die Opgaafrolle in April 1716 het hy net 'n perd, 'n snaphaan, 'n degen en twee pistole besit


Hercules du Preez

Vermoor deur 'n slaaf 1731 : seun Andries gebore 1733 by Dorothea Becker dus is sterfdatum nie korrek


Carel Prieur du Plessis

Geneesheer


Daniel Marais

Burger Drakenstein