Reeler Family Tree - Selected Families and Individuals

Notes


Wouter de Vos

Burger Stellenbosch, Boer Stellenbosch


Pieter Lorenz (Lourens)

Kom terug na die Kaap 1720, verskillende range by die H.O.I.K. en landdros van Stellenbosch 1729-48


Jacques Pienaar

Trek Noord-Ooswaarts waar weilisensies aan hom toegeken word; De Bocke Rivier 1731; Driefontein agter die Bokkeveld 1739; Elandsfontein in die Bokkeveld 1746


Pierre le Roux

Die Paarl se dooprekords tussen 1702 en 1714 is onvolledig en hy is waarskynlik in hierdie tydperk gedoop. Burger Drakenstein. Volgens sy SK MOOC6/1:Vol 1-p45 is hy 1767.02.24 oorlede, maar volgens sy oudste seun se familiebybel in die Hugenote Museum, Franschhoek is hy 1767.02.04 oorlede


Francoise (Francina) Cellier

Francina en haar man Pierre le Roux boer op die plaas La Terra de Luc net buite Franschhoek (60 morg) wat hy van sy stiefouma Jeanne Mille geërf het. Hulle besit sowat 12,000 wingerdstokke wat jaarliks tot 25 lêers (14,434 liter) wyn lewer. Hulle hou ook sowat 30 beeste en 100 skape aan; besit 'n paar perde en saai ook koring en rog. Na haar man se dood in 1767 neem Francina die boerdery oor totdat die plaas in 1775 in hul seun Abraham Josua se naam oorgedra word. Volgens haar testament erf hy die plaas teen 'n bedrag van 4,000 gulden Indiese valuta wat eers na haar dood betaalbaar was. Haar testament bevat ook verskeie bepalings rakende haar slawe na haar dood; haar ou slavin Secilia van die Kaap moet nie verkoop word nie, December en sy vrou Sanna van die Kaap en haar kinders moet onder Francina se kinders verkoop word en die ander slawe op vrye vendusie


Gideon Joubert

Boer op Vondeling in Wamakersvallei (Wellington)


Etienne Stephanus du Toit

Boer op plaas Limietrivier, Dal Josafat


Jan (Van der Straate) van Straten

1724 aankoms as soldaat in die `Barbesteyn'; 1734 word sieketrooster in die hospitaal; 1735/6 vra om burgerskap


Hilletje Kervel

Ook bekend as Hilletje Cabo