Reeler Family Tree - Selected Families and Individuals

Notes


Claude Marais

besit plase Meerlust, Lekkerwyn, Plessis Marle, Wel van Pas en 'n huis in Kaapstad


Clara Herbst

Om deur die Kaapse samelewing opgeneem te word, het Johann Herbst volgens verordering van die VOC vir Clara, wat ‘n vrygeborene was, in die kerk laat doop


Harmen Jansen Potgieter

Van Nordhorn, Wesfale, Duitsland; s.v. Jan Potgieter van Nordhorn, Wesfale, en Schwenne Lodden van Frensdorf, Duitsland; 1663 word vryburger; 1665 boukneg; tree weer in diens van die HOIK; 1674 tree weer uit diens van die HOIK; teen 1679 smid en een van die eerste inwoners langs die Eertsterivier, Stellenbosch; 1685 lid van die heemraad en `wagmeester' van die artillerie


Isabella Frederiks

wed. van Nikolaas Vechtman, van Merano in Suid-Tirol


Jan Janse van Eeden

van Oldenburg, Duitsland; bekend as Jan van Oldenburg, aankoms 1662 as ``onderscheepskorporaal''. In 1682 vestig hy hom op ``Krommerivier'' by Stellenbosch as smid en boer; Vryburger van Stellenbosch 1688; hy word amptelik eerste eienaar van Krommerivier in 1692 na die aankoms van die eerste landmeter, ene Mostert. Maak 'n gesamentlike testament as Jan Jantz; Sy boedel gedateer 26 Mei 1702 dui aan dat hy 'n suksesvolle boer was


Maria Russaar (Rousseau)

van ook gespel ``Rossar'' op testament; van Blois, Frankryk, waarskynlik verwant aan stamvader Pierre Rousseau; Maria en 14 ander Hugenote (Totaal 6 mans, 6 vrouens en 3 kinders) gaan aan boord van Die Kamer van Amsterdam se seilskip die Brossenburg (lengte 36 meter). In beheer was Kaptein Jan Claasje Valcquit. Hulle verlaat Textell op 6 Januarie 1688 en arriveer op 12 Mei 1688 in Tafelbaai


Charl Marais

woon te Le Plessis Merle, Simondium, later De Fortuin in Wamakersvallei; Anne des Ruelles is sy stiefsuster


Pierre Rousseau (Rossouw)

van Mer of Memars-la-ville, omtrent vier uur te perd noordoos van Blois in Frankryk, aankoms 1688, waarskynlik aan boord van `Borssenburg'; lê plaas L'Arc d'Orleans in Wemmershoek aan wat in 1694 aan hom toegeken is; in 1704 ontvang hy ook die plaas `Vleesbank' ten suide van huidige spoorwegstasie Hermon


Anne Retief

van Mer, in Orleans, Frankryk; aankoms 1688 saam met haar broer Francois Retief


Pierre Mouy

van St Amant, aankoms 1699 as wewenaar met twee dogters aan boord van die ``Donkervliet''; vestig hulle op die plaas Krakeelhoek in die Wamakersvallei


Antoine Gardiol (France)

van La Coste, vlug na Geneve met vrou en drie kinders, sterf 1688 op pad na Kaap