Reeler Family Tree - Selected Families and Individuals

Notes


Louis Cordier (Cortje)

Seun van Louis Cordier en Jeanne Blessebois; Franse vlugteling, aankoms 1688 op ``Zuid Bevelandt'' met sy vrou en vier kinders, landbouer en een van die eerste ouderlinge van die Franse Gemeente van Drakenstein, in 1692 het hy die plaas ``Bethel'' (tans ``Nantes''), by die Paarl-berg, gekry en sy van word nou Cortje gespel


Francoise Martinet

Franse vlugteling, aankoms c. 1688 saam met haar man en vier kinders


Josue Cellier

Van Orleans in Frankryk, landbouer, Wynbouer en timmerman, het Frankryk waarskynlik na die Vrede van Rijswijk in 1697 verlaat en van 1685 tot 1699 tydelik na Delft in Nederland gegaan, aankoms 1700 met die skip Reygerdaal, saam met sy vrou, vestig aanvanklik op Het Kruyspad naby Brackenfell, in 1713 besit hy die plaas De Orleans in Dal Josafat, sy afstammeling spel die van Sellier, Sillier, Silje, Celliers, Cillie, Cilliers ens. Volgens Boucher is Josue moontlik die seun van Josue Celliers en sy vrou Judith Rouilly. Hierdie egpaar het 'n seun Nicolaas in die kerk te Bazoches-en-Dunois laat doop. Volgens Boucher kom die berugte Etienne Barbier ook van Bazoches-en-Dunois. Toe Etienne Barbier in 1739 voor die gereg moes vlug, het hy by die weduwee van Josue Celliers tydelike skuiling gevind. Hy het die plaas De Orleans naby die Palmietrivier in Daljosphat, Klein Drakenstein ontvang en in besit geneem. Op 15 Maart 1712 is die plaas Het Kruys Pad by Stellenbosch ook aan hom toegeken. Volgens die beskikbare dokumente het Josue op De Orleans geboer en nooit die plaas naby Stellenbosch effektiewelik beset nie. Hy was 'n fluks boer en in 1714 het hy reeds vier perde, ses osse, 200 skape en 8 000 wingerdstokke besit en dit nadat hy in 1700 sonder enige besittings daar aangekom het


Elisabeth Couvret

aankoms 1700 saam met haar man; saam met haar het haar broer Paul en sy vrou Anne Vallette en hulle dogtertjie gekom


Francois du Toit

van Ryssel(Lille) in Frans Vlaandere, aankoms 1686 met skip Vrijheit saam met sy broer Guillaume, boer op sy plaas Kleinbosch in Dal Josafat, later ook Soetendal in Wamakersvallei; Heemraad en ouderling van Drakenstein gemeente, burger Drakenstein


Pieter Erasmus

van Nederland, burger 1691, woon op plaas Groenkloof in Drakenstein, vestig hom later op Onverwacht by Hexberg


Abraham de Klerk

van Serooskerke op die eiland Walcheren; boer Stellenbosch, lid van die burgerdragonders 1715