Reeler Family Tree - Selected Families and Individuals

Notes


Barend (Berndt) Burger (Burcherdt)

van Lubeck, Duitsland; 1691 burger en smid; 1693 woon in Drakenstein, later kaptein v.d. burger-dragonders; ontvang in 1692 die plaas Leeuwenjacht, Agter-Paarl


Schalk van der Merwe

Op 8 September 1692 is die erfbrief - slegs een dag na dit aan sy pa uitgereik is - vir De Hoop in Klein Drakenstein opgestel ten gunste van Schalk met die Goewerneur Simon van der Stel se persoonlike naamtekening onder die dokument. Hier is geen sprake van 'n vroëere toesegging nie; die gebied aan die oostekant van die Bergrivier word trouens op hierdie datum eers amptelik oopgestel. De Hoop het presies dieselfde mate en oppervlakte as Kunnenberg en is geleë in die onbewerkte strook tussen die Bergrivier en die Drakensberge en daar was geen bure in die omgewing nie. Die familie het vir 105 jaar hier gewoon; In 1715 terwyl hy op kommando teen die Boesmans was, kry Schalk teëspoed op De Hoop. Die plaas is sodanig verspoel dat hy dit moes ontruim. Daarom koop hy in 1716 Wittenberg in Noorder-Paarl van Christiaan Matzdorf (Maasdorp). Die oorspronklike oppervlakte van Wittenberg was 40 morg 560 vk roede, maar Schalk ontvang in 1717 'n bykomende 30 morg 240 vk roede sodat die vergrote Wittenberg nou 'n oppervlakte van 71 morg 200vk roede beslaan. Toe sy eggenote Anna Provost in 1740 oorlede is was hulle nog op Wittenberg woonagtig. Na sy dood word dit die eiendom van sy oudste kleinseun Willem gebore 1721. Dit is hier waar drie olifante op 'n sekere dag teen die buitegeboutjie kom skuur het en Anna, met die destydse ou logge geweer na hulle geskiet het, omdat hulle dalk haar woning kon kom omstoot; in Schalk en Anna se testament word die plase De Hoop en Wittenberg aan die 15de kind Roelof toegesê vir 'n vasgestelde prys, waarby 2 slawe en 'n ossewa met 10 osse ingesluit is. Die plaas Zachte Vallei is aan Gerrit bemaak, asook 'n slaaf en een ossewa met 10 osse. Aan Carel is kontant bemaak en 'n sekere slaaf Samson. Aan Pietronella een ``slaave meysje genaamt Eva''


Anne Prevot (Provo)

a 1688.05.29 met die Schelde van Calais, Frankryk; volgens die boedelinventaris in 1740 is daar nog 11 oorlewende kinders


Frederik (Friedrich) Conradie

van Marburg, burger 1685, herbergier


Pieter Swanepoel

waarskynlik van Nederland, aankoms voor 1700. In 1709 kry hy verlof om oorkant die Breërivier met sy vee te gaan, in 1715 word hy gewond in 'n geveg teen Boesmans. In 1716 kry hy die plaas `Nieuw Munster'


Francois Retief (Retif)

oorspronklik gespel Rétif; van Mer langs die Loirerivier, naby Blois in Orleans, Frankryk; daar het 'n bloedige vervolging van die Protestante in Frankryk plaasgevind na die herroeping van die Edik van Nantes op 18 Oktober 1685. Dit was in hierdie tyd dat Francois en sy suster Anna vir hulle lewe gevlug het na Holland. Die Hollanders het destyds immigrante vir die Kaap gesoek, en Francois en sy suster besluit on na die Kaap te kom; aankoms 1688, landbouer op die plase ``La Paris'' in Wemmershoek en ``Patatskloof'', in die Wamakersvallei, wat onderskeidelik in 1694 en 1712 aan hom toegeken is, burger Drakenstein. Francois en sy vrou is een nag in hulle huis aangeval deur 'n rondloper, 'n sekere Daniel, waartydens hulle verskeie meswonde opgedoen het. Hiervan het hulle gelukkig volkome herstel


Maria Mouij

het saam met haar vader Pierre Mouij as veertienjarige dogter op die `Donkervliet' in 1699 aan die Kaap aangekom


Jan Nys (Deneys)

boswagter op Mauritius 1696, burger aan die Kaap 1699