Reeler Family Tree - Selected Families and Individuals

Notes


Hans Helm(es)

Arrived from Netherlands 1671


Pierre Le Febre

van Artois, aankoms 1683 met sy vrou, 1696 woon op die plaas ``Fleurbaai'' onder Stellenbosch


Maria De Grave

Arrival 1683 with her husband


Gerrit Janse van Deventer

van Veldcamp, Deventer, Nederland; s.v. Jan Pieters van Deventer, afkomstig van die stad Deveneter, provinsie Overijssel in Nederland. Vertrek as soldaat 16831219 met die skip `de Juffrouw Anna', vanuit Texel na die Kaap; land 16840410 aan die Kaap. Bring waarskynlik die eerste jare van sy verblyf aan die Kaap in die Kasteel; word vryburger aan die Kaap 16860531; burger Stellenbosch


Adriana (Ariaantje) Jacobz

opgeneem in die Gereformeerde Burgerweeshuis, `Goudse Wagenstraat', Rotterdam, d.i. ongeveer 200m van die Schiedanse Dyk. Aankoms op die skip Berg China 1688; weesmeisie van Rotterdam; Sy is ook bekend as Ariaentjie Ariens, ook genoem A Adriaanse by haar huwelik, ook A van den Berg. Vermeende draer van porfirie in S.A. Sy word verwar met haar suster, Willemyntje Ariens de Wit van Rotterdam (Detlef Biebow se vrou) gedoop in 1670


Sara Cochet

Arrived in SA 1688


Margaretha Ernst

Arrival before 1686 with 6 children


Willem Schalk van der Merwe

volgens Resolusie van die Politieke Raad, van Broek, volgens register Kaapse gemeente, van Oud-Beyerland naby Rotterdam. Vertrek na die Kaap as haakbusskutter, teen agt gulde per maand op die skip ``Dordrecht'' wat 26 April 1661 in Tafelbaai arriveer. Hy was aanvanklik in diens van die Companje se baas-tuinier Hendrik Boom. Burger 5.5.1661, en hy was blykbaar 'n goeie boer want hy is geloof ``voor bequaemheyt als landbouwer''. In die Resoluties van de Politieke Raad was vermeld dat hy boulandt heeft gearbeijt. In 1663 tree hy weer in diens van die H.O.I.K. as adelborst belas met landbou. Drie weke voor sy huwelik met Elsje Cloete is hy weens smokkel met die Hottentotte aangekla deur die Bewindhebbers. Hy en sy skoonvader Jacob Cloete het blykbaar aangehou smokkel want hy is drie jaar lank gevangene op Robbeneiland weens smokkel en gepaardgaande geweldpleging. In Januarie 1673 het sy huis asook sy hele graanoes afgebrand. Hy kry op 23 Maart 1677 toestemming van die Kompanje om weer grond te bewerk saam met Pieter Van der Westhuizen, hierdie keer in Houtbaai, d.i. die plaas Kronendal waarvan die Kaaps-Hollandse opstal nog bestaan. Hierdie ooreenkoms is in 1681 gekanselleer en die plaas is as vrye eiendom aan hom toegeken. In 1677 oes hy 60 mud graan. Op 7 September 1692 word 'n erfbrief aan hom uitgereik vir die plaas Kunnenberg, in die erfbrief beskryf as ``de Kinnenborgh''. Die plaas is opgemeet deur landmeter Heinrich Bernhard Oldenland met 'n grens 60 roede aan die Bergrivier en 600 roede in die rigting van Babilonstoring. Sy bure was Jacobus van der Heiden op Overveen en Maarten van Staden op Bloemendal. Volgens die erfbrief is die grond alreeds in 1687 aan hom toegewys. Hierdie stelling klink verdag, want die 1687-toewysings is deur landdros Johannes Mulder van Stellenbosch persoonlik opgemeet en Oldenland se opmetings begin by die 1689-toewysings. Die plaas De Hoop in die Klein Drakenstein is in 1692 aan Willem se seun Schalk Willem van der Merwe toegeken. Dit was die tweede plaas en nie die eerste nie wat in Suid-Afrika aan 'n Van der Merwe toegeken is. Hy is die vader van 13 kinders en ook die vader van 'n buite-egtelike dogter, Maria Schalks, wat trou met die Stamvader Paulus Heyns, van Leipsig. Maria se moeder was 'n slavin van Goewerneur Simon van der Stel; lidmaat in die Paarl in 1715; volgens Teun van der Vorm in Holland wat ook van der Merwe's navors is hy 'n seun van Schalk Willemsz van de Merwe gebore ongeveer 1620 by een onbekende vrou en is Willem Schalk gebore 1643. In ``Resolutions of the Council of Policy of Cape of Good Hope, Cape Town Archives Resository, is Willem Schalk van der Merwe van Broeck, nu eenigen tyt vryman geweest is, ende oock als daggelder op d' E. Comps. bouwlandt heeft g'arbeijt, ende preuve van ploegen, maijen en dorschen heeft gegeven, wort op sijn versoeck ende bequaemheyt tot den landtbouwe weder aengenomen in dinst van d' E. Compe. voor adelborst, met een belon van 12 gl. 's maents, mits gehouden sal sijn in alles als vooren principael de lantbouwerije noc 3 jaren van heden aff daer voor te dienen.


Elsje Cloete

aank. saam met haar moeder en broer in 1659; Vertrokken met attestasie na Stellenbosch ong 1716 en op 9.11.1725 weer lidmaat in Paarl; sy is bekend as Elsje Jacobs - m. a.w. d.v. Jacob Cloete


Frederik (Friedrich) Botha

Seun van landbouer Michael Both en Susanna Saulus, sedert 1685 kom hy voor op Stellenbosch as burger en ``boer om die kwart'' vir Jan Cornelitz van Oud-Beyerland naby Rotterdam


Maria Kickers

Orphan


Christoffel Snyman

Boer op `Sandvliet' in Groot Drakenstein; koop die plaas Sandvliet in Groot Drakenstein in 1692. Dit bly in besit van sy weduwee, Marguerite de Savoye en haar tweede man Henning Viljoen, totdat dit in 1735 uit haar boedel verkoop word


Marguerite Therese de Savoye

1688 aankoms op 17 jaar saam met haar ouers, broer en suster as Hugenote-vlugtellinge uit Aeth, Vlaandere, met die Skippie `Oosterlandt' aan die Kaap van Goeie Hoop. Na haar eerste man se dood bly sy in besit die plaas Sandvliet, totdat dit in 1735 uit haar boedel verkoop word; haar boedelinventaris is op 20 Maart 1742 opgestel. Sy het baie geld geskuld o.a. aan Pieter du Plessis (Charles-seun), Johannes Marais en Hercules du Preez (Hercules-seun)


Willem Schalk van der Merwe

volgens Resolusie van die Politieke Raad, van Broek, volgens register Kaapse gemeente, van Oud-Beyerland naby Rotterdam. Vertrek na die Kaap as haakbusskutter, teen agt gulde per maand op die skip ``Dordrecht'' wat 26 April 1661 in Tafelbaai arriveer. Hy was aanvanklik in diens van die Companje se baas-tuinier Hendrik Boom. Burger 5.5.1661, en hy was blykbaar 'n goeie boer want hy is geloof ``voor bequaemheyt als landbouwer''. In die Resoluties van de Politieke Raad was vermeld dat hy boulandt heeft gearbeijt. In 1663 tree hy weer in diens van die H.O.I.K. as adelborst belas met landbou. Drie weke voor sy huwelik met Elsje Cloete is hy weens smokkel met die Hottentotte aangekla deur die Bewindhebbers. Hy en sy skoonvader Jacob Cloete het blykbaar aangehou smokkel want hy is drie jaar lank gevangene op Robbeneiland weens smokkel en gepaardgaande geweldpleging. In Januarie 1673 het sy huis asook sy hele graanoes afgebrand. Hy kry op 23 Maart 1677 toestemming van die Kompanje om weer grond te bewerk saam met Pieter Van der Westhuizen, hierdie keer in Houtbaai, d.i. die plaas Kronendal waarvan die Kaaps-Hollandse opstal nog bestaan. Hierdie ooreenkoms is in 1681 gekanselleer en die plaas is as vrye eiendom aan hom toegeken. In 1677 oes hy 60 mud graan. Op 7 September 1692 word 'n erfbrief aan hom uitgereik vir die plaas Kunnenberg, in die erfbrief beskryf as ``de Kinnenborgh''. Die plaas is opgemeet deur landmeter Heinrich Bernhard Oldenland met 'n grens 60 roede aan die Bergrivier en 600 roede in die rigting van Babilonstoring. Sy bure was Jacobus van der Heiden op Overveen en Maarten van Staden op Bloemendal. Volgens die erfbrief is die grond alreeds in 1687 aan hom toegewys. Hierdie stelling klink verdag, want die 1687-toewysings is deur landdros Johannes Mulder van Stellenbosch persoonlik opgemeet en Oldenland se opmetings begin by die 1689-toewysings. Die plaas De Hoop in die Klein Drakenstein is in 1692 aan Willem se seun Schalk Willem van der Merwe toegeken. Dit was die tweede plaas en nie die eerste nie wat in Suid-Afrika aan 'n Van der Merwe toegeken is. Hy is die vader van 13 kinders en ook die vader van 'n buite-egtelike dogter, Maria Schalks, wat trou met die Stamvader Paulus Heyns, van Leipsig. Maria se moeder was 'n slavin van Goewerneur Simon van der Stel; lidmaat in die Paarl in 1715; volgens Teun van der Vorm in Holland wat ook van der Merwe's navors is hy 'n seun van Schalk Willemsz van de Merwe gebore ongeveer 1620 by een onbekende vrou en is Willem Schalk gebore 1643. In ``Resolutions of the Council of Policy of Cape of Good Hope, Cape Town Archives Resository, is Willem Schalk van der Merwe van Broeck, nu eenigen tyt vryman geweest is, ende oock als daggelder op d' E. Comps. bouwlandt heeft g'arbeijt, ende preuve van ploegen, maijen en dorschen heeft gegeven, wort op sijn versoeck ende bequaemheyt tot den landtbouwe weder aengenomen in dinst van d' E. Compe. voor adelborst, met een belon van 12 gl. 's maents, mits gehouden sal sijn in alles als vooren principael de lantbouwerije noc 3 jaren van heden aff daer voor te dienen.


Freed Slave of Simon van der Stel

Slavin van Simon van der Stel wat in 1686 vrygestel is Attestasie 1664 in C 326 pp 478-9 C.O. pp 6 en 27