Reeler Family Tree - Selected Families and Individuals

Notes


Francois Villion (Viljoen)

van Clermont, Frankryk; aankoms 1671 as Franse Hugenote-vlugteling aan die Kaap van Goeie Hoop; sy van is oorspronklik Villion gespel, later verander dit na Viljon en uiteindelik na die hedendaagse Viljoen. "Vrij wagenmaker". In 1682 ontvang die egpaar Viljoen die plaas Idasvallei, distrik Stellenbosch, van Goew. Simon van der Stel. Die stamvader het tot sy afsterwe (1679) hier as vryburger geboer. Francois was die eerste Franssprekende wat hom aan die Kaap van Goeie Hoop kom vestig het, en sy huwelik met Cornelia Campenaar die vyfde huwelik wat aan die Kaap van Goeie Hoop bevestig is


Cornelia Campenaar

Died in smallpox epidemic in 1713


Abraham Vivier

Franse vlugteling, aankoms 1688 vanaf Zieriksee in Zeeland aan boord die "Zuid- Bevelandt" saam met sy twee broers, hulle kom van Normandie af en boer in Drakenstein


Johannes van As

van Harlingen, Friesland, aankoms 1671 met sy vrou


Jacob Abrahamse

Ω 16721023 vanuit `den Sandtstraat op den hoek van den Hallevmannstraat' begrawe


Heyltje (Marytjie) Ariens

d.v. Arie van die Schiedamse Dyk, Rotterdam; Marijtje Aberehamts genoem by man se afsterwe


Jacob Cloete

Hy is tussen 8 en 9 uur die aand `bij't vleesch-huis' naby die Kasteel op verraderlike en koelbloedige wyse vermoor, gevind 23.05.1693 : van Keulen, aankoms waarskynlik 1652 saam met Jan van Riebeeck; burger 16570810, Kry 16571010 'n plaas aan die Liesbeekrivier in die `kolonie' wat as Groeneveldt bekend gestaan het en waar Marist Brothers College in Rondebosch nou staan. Hy het dit Ekelenburg of Ecklenburg genoem. In 1660 het hy Burgerraadslid geword. Gedurende Augustus 1668 word hy saam met sy skoonseun Willem Schalkzoon van der Merwe en Jan Verhagen van smokkelhandel aangekla. Hulle sou na bewering 'n aantal beeste van die Hottentotte gekoop het teen 'n prys vyfkeer meer as wat die Kompanje betaal, en strydig met die verbod op handel met die inboorlinge. Hulle is aldrie skuldig bevind en tot lyfstraf gevonnis. Gelukkig vir hulle is daardie vonnis deur bemiddeling van goeie vriende opgeskort en vervang met 'n boete van vyftig riksdaalders. In 1671 repatrieer hy na Europa, maar keer weer na die Kaap terug as korporaal in diens van die Kompanje


Hans Christoffel (Snijder) Snijman

Soldaat Hans Christoffel Snijder (of Schneider) alias Snijman, van Heidelberg in die Palatinate.


Groote Catrijn (Freed slave)

'n slavin van Paliacatta (vernaamste VOC vesting in Bengale - tans bekend as Pulicat, geleë op die walle van die meer van Pulicat op die Coromandel-kus op die Indiese subkonitent). Ook bekend as Catharina van Bengale en Catharina van Paliacatte. In 1656 is sy die slavin van Maria Magdalena (van onbekend) in Batavië (teenwoordige Jakarta in Indonesië). Op 8 Oktober 1656 was sy seksueel aangerand in 'n perdestal by die Fort Rijswijk deur haar minnaar, die slaaf Claes van Malabar. Sy verdedig haarself en slaan hom met 'n leer oor die bekken, as gevolg waarvan sy blaas bars en hy vier dae later sterf. Sy word tot die dood veroordeel om aan 'n paal vasgemaak en verwurg te word, maar Goewerneur-Generaal Joan Maetsuycker begenadig haar en verban haar lewenslank as `bandiet' na die Kaap van Goeie Hoop. Sy arriveer aan die Kaap op 21 Februarie 1657 aan boord van die Prins Willem en werk as wasvrou in die Fort, die eerste slavin aan die Kaap. Sy het twee voorkinders, een by die vaandeldaer en garnisoenhoof Pieter Everaerts van Cruijsaert en een by die soldaat Hans Christoffel Snijder (of Schneider) alias Snijman, van Heidelberg in die Palatinate. Op inststruksies van die Raad van Indië was Groote Catrijn vrygestel en toegelaat om in die huwelik te tree met die vryswarte (mardijker) Antjonij (Jansz) (de Later) van Bengale op 20 Desember 1671. Groote Catrijn, haar eggenoot, haar dogter en kleindogter - met die uitsondering van Christoffel Snijman Jnr - het almal gesterf in 'n gesinstragedie tussen Desember 1682 en Februarie 1683. Anthonij Jansz van Bengale se aansienlike boedel het vir die seun se opvoeding gesorg, asmede 'n aansienlike erflating.

After being freed married:
`Antonie van Bengale'; vryswarte; ofskoon hy sy naam teken as `Anthonij van Japan' word ook na hom verwys as `Anthonij de Chinees'; eerste vryswarte aan die Kaap van Goeie Hoop wat grond gekoop en 'n boer geword het. Hy koop 100 skape, 'n stuk `tuingrond' in Tafelvallei, en 'n erf in Zeestraat van die vryburger Cornelisz Roosendael van Amsterdam. Vanweë wanbetaling moet hy en sy gesin in Mei 1673 plak op 'n stuk oop grond in Bergdwarsstraat. Dié grond word op 12 Februarie 1675 aan hom toegeken. Oorlede, saam met sy vrou, in 1682; in sy boedel van 17 Des 1682 laat hy 'n boedel ter waarde van f2608 aan sy aangenome seun Christoffel Snijman na


Jacques de Savoye

Ath, provinsie Henegouwe in Spaanse Nederlande =29.01.1636 †1717 : 2de s.v. Julien de Savoye en Jeanne Dureau/Dureau; vlug 1667 na Franse verowering van Ath na Gent in Vlaandere; uitgesproke Calvinis; verhuis 1686 as wewenaar na Sas van Gent in Zeeland. In 1687 gaan hy en gesin na Middelburg, Zeeland, en in 1688 op die skip Oosterland na die Kaap; een van die afvaardiging van 5 Hugenote wat op 28 November 1`689 onder leiding van Pierre Simond vir goewerneur Simon van der Stel besoek het om 'n eie gemeente en kerkraad vir die Hugenote te versoek